Electrical Contracting Board of South Africa


This website is best viewed in the following browsers:



Firefox

Chrome

Safari

If you are not using one of the above browsers, just click on one of the icons to be redirected to a download page.




 

Kennisgewing aan alle elektriese kontrakteurs

Registrasie van Elektriese Kontrakteurs

Klousule 6 (2) van die Elektriese Installasie Regulasies bepaal dat alle elektriese kontrakteurs jaarliks sal registreer.

(2) Enige persoon wat elektriese installasie werk verrig as ‘n elektriese kontrakteur sal jaarliks registreer deur die voltooing van Aanhangsel 3 by the hoof inspekteur of ‘n persoon aangestel deur die hoof inspekteur.

Die Elektrotegniese Aannemingsraad van SA (ECB) is skriftelik aangestel deur die hoof inspekteur by die Departement van Arbeid gedurende Maart 2009 om voort te gaan met die registrasie van elektriese kontrakteurs “Besigheid soos normaal”

Registrasie van kontrakteurs

The Elektrotegniese Aannemings Vereeniging van SA (ECA) het die ECB vroëer vanjaar in kennis gestel, dat hul diens kontrak met die ECB tot niet gemaak sal word effektief vanaf 30 September 2011 dit sluit in die registrasie van kontrakteurs en die verkoop van CoC’s.

Die ECB het die Voltex Groep as ‘n diens verskaffer aan gestel, met die fokus om so min as moontlik ophef in die industrie te veroorsaak . Voltex sal die registrasie van kontrakteurs hanteer names die ECB landswyd. Die spesifieke streekskantore van Voltex sal binnekort bekend gemaak word.

Die hoof inspekteur is dienooreenkomstig ingelig oor die verandering.

Registrasie Fooi

Die bestaande registrasie fooi van R250.80 incl VAT per jaar bly onveranderd. Wanner kontrakteurs aansoek doen vir her-registrasie sal hul gevra word om die nodige dokumente te verskaf. ‘n Elektroniese ECB registrasie sertifikaat sal uitgereik word by die registrasie punt. Die voorwaarde is egter, dat daar aan al die vereistes voldoen moet word.

Sertifikaat van Nakoming en Toets verslag.

Serfikate van nakoming en Toets verslae (CoC’s) sal te koop aangebied word by die registrasie punte teen R40.00 per pak van 20.Die unieke CoC nommer sal op die ECB se Nasionale data basis aangebring word.

Moet asseblief nie huiwer om enige navrae te rig aan die ECB Nasionale Kantoor nie. Skakel 012 7512290/012 7514025 of per e- pos info@ecbsa.co.za /national1@ecbsa.co.za of verwys na ons webtuiste by www.ecbsa.co.za